|
Welkom by die Gastehuis Heim Kehrwieder
Vir voortreflike vakansieverblyf.
AA akkreditasie.
Tussen die wynroetes van die Boland en die skilder-agtige Skiereiland van die Kaap die Goeie Hoop.
Gunstig geleë op die R302 hoofpad tussen Durbanville en Bellville in die hart van Tygervallei.
’n Vakansie paradys op groot gronde, met swembad en tuin. Bied vriendelike kamers met ontbyt teen billike pryse.
Veilige parkeerplek vir motors en kleiner busse.
Onder persoonlike bestuur van Irmgard Rencken.
Ons verwelkom ons gaste in Afrikaans, Engels of Duits.
Smaaklike ontbyt word bedien in ons warm, helder ontbytkamer. Aandete op versoek.
|
|
’n Paar van die vele aantreklikhede
Suid-Afrika is een van die mees gesogte toeriste bestemmings ter wêreld. Die wereld bekende pragtige Stad Kaapstad, ook “Moederstad” genoem, is bekend vir sy kulturele verskeidenheid en natuurskoon.
- Tafelberg
- Kaap die Goeie Hoop
- Die Kasteel in Kaapstad
- Die Maleise gebied met sy eie kultuur en geskiedenis
- Bootreise na Robbeneiland
- Victoria en Alfred Waterfront
- Die Twee Oseane Akwarium
- Groot verskeidenheid musikale en kulterele aantreklikhede
Reise deur die wynlande van Paarl, Stellenbosch, Franschhoek en Durbanville – hier kan wyne van gehalte wat gelykstaan aan die bestes ter wêreld, geproe en gekoop word.
Restourante bied smaaklike tradisionele cuisine aan – Suid-afrikaanse, Maleisiese en wilddisse is net ’n paar daarvan.
Besoek die wêreld beroemde botaniese tuin Kirstenbosch, bekend vir sy unieke fauna en flora.
‘n Besoek aan ’n volstruisplaas 20 km hiervandaan is die moeite werd.
Gholfbane, musiekfeeste en Afrika kunsuitstallings is altyd ’n hoogtepunt in Suid Afrika.
|